Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om ons te leer en ‘n regte lewenswyse te kweek

 

“Hy moet die afskrif by hom hou en sy lewe lank moet hy dit gereeld lees sodat hy kan leer om die Here sy God te dien deur gehoorsaam te wees aan alles in hierdie wet en om volgens al hierdie voorskrifte te lewe.” (Deuteronomium 17:19 AF83)

“Aan u beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U.” (Psalms 119:11 AF83)

“U woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel.” (Psalms 119:89 AF83)

“U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.” (Psalms 119:105 AF83)

“119 U verwyder al die goddeloses van die aarde af soos waardelose skuim, daarom het ek u verordeninge lief. 120 Ek sidder van vrees vir U, ek het diepe ontsag vir u bepalings. 121  Ek het gedoen wat reg en regverdig is, moet my tog nie oorgee aan die genade van dié wat my veronreg nie. 122 Tree tog vir my in dat dit met my goed kan gaan, moenie toelaat dat hovaardige mense my verdruk nie. 123  Ek smag na die bevryding wat U bring, na u woord wat my red. 124  Handel met my volgens u troue liefde, leer my u voorskrifte. 125 Ek is u dienaar: onderrig my tog in u verordeninge. 126  Dit is tyd dat die Here ingryp teen dié wat sy wet oortree. 127  Ek het u gebooie liewer as goud, as fyn goud. 128 Daarom leef ek nougeset volgens al u bevele en haat ek elke verkeerde pad. 129  U verordeninge is wonderlik, daarom kom ek hulle na. 130  Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.” (Psalms 119:119-130 AF83)

“So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.” (Jesaja 55:11 AF83)

“16 Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, 17 sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” (2 Timotheüs 3:16-17 AF83)

“5 Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil. 6 Moet niks byvoeg by wat Hy gesê het nie; Hy sal jou bestraf, en jy sal daar staan as ‘n leuenaar.” (Spreuke 30:5-6 AF83)

“Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.”” (Markus 13:31 AF83)

“Tog is dit makliker vir die hemel en die aarde om te vergaan as dat een lettertjie van die wet verval.” (Lukas 16:17 AF83)

“Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.” (Romeine 15:4 AF83)

“maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.” En hierdie woord is die evangelie wat aan julle verkondig is.” (1 Petrus 1:25 AF83)

“18 Ek betuig aan almal wat die woorde van hierdie profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is; 19 en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is.” (Openbaring 22:18-19 AF83)

“Dat hy vrygespreek is deurdat hy geglo het, is nie net ter wille van hom opgeteken nie,” (Romeine 4:23 AF83)

 “20 Dít veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, 21 want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.” (2 Petrus 1:20-21 AF83)

 “Jy moet hierdie hele wet duidelik leesbaar skryf op die klippe wat jy opstapel.”” (Deuteronomium 27:8 AF83)

 “Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.” (Romeine 15:4 AF83)

 “Skrywe nou op wat jy gesien het, wat nou daar is en wat hierna gaan gebeur.” (Openbaring 1:19 AF83)

 “”Die Gees van die Here het deur my gepraat, ja, sy woord was op my lippe.” (2 Samuel 23:2 AF83)

 “Tog het God reeds vroeër by monde van al die profete aangekondig dat die Christus sou ly. So het Hy dit nou laat gebeur.” (Handelinge 3:18 AF83)

 “(12:14) Deur die diens van ‘n profeet het Ek, die Here, vir Israel uit Egipte gelei, deur ‘n profeet is hulle opgepas.” (Hosea 12:13 AF83)

 “24 Wie My nie liefhet nie, neem my woorde nie ter harte nie; en die woorde wat julle hoor, is nie Myne nie, maar die Vader s’n wat My gestuur het. 25  “Dit sê Ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; 26 en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. 27 “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. 28  Julle het gehoor dat Ek vir julle gesê het: Ek gaan weg, maar Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly gewees het dat Ek na die Vader toe gaan, omdat die Vader groter as Ek is. 29 En nou sê Ek dit vir julle voordat dit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit gebeur. 30 Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wêreld is aan die kom. Hy het geen mag oor My nie, 31 maar die wêreld moet weet dat Ek die Vader liefhet en daarom doen wat die Vader My beveel het. “Staan op, laat ons hiervandaan weggaan.”” (Johannes 14:24-31 AF83)

 “Hulle was dit nie met mekaar eens nie en het weggegaan, maar Paulus het nog eers dít vir hulle gesê: “Hoe waar is dit tog wat die Heilige Gees by monde van die profeet Jesaja vir julle voorvaders gesê het!” (Handelinge 28:25 AF83)

 “Hy moet in die hemel bly totdat God alles nuut gemaak het. Dit het God reeds lank gelede deur sy heilige profete gesê.” (Handelinge 3:21 AF83)

 “Maar so sê Ek, die Here jou God: Dit sal nie plaasvind nie, dit sal nie gebeur nie,” (Jesaja 7:7 AF83)

 “Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen.” (Johannes 14:10 AF83)

 “Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.” (Efesiërs 6:17 AF83)

*

Over Christadelphians

Free Christadelphians or Brothers and sisters in Christ, living in Belgium, European Union. - Vrijë Christadelphians of Broeders en zusters in Christus wonende in België in de Europese Unie.
Dit bericht werd geplaatst in Afrikaanse artikels, Bijbel of Heilige Schrift, Bijbelcitaten en getagged met , , . Maak dit favoriet permalink.

3 reacties op Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om ons te leer en ‘n regte lewenswyse te kweek

  1. Pingback: Vertrouwen, Geloof, Roepen en Toeschrijving aan Jehovah #3 Stem van God #5 Meditatie en transformatie « Christadelphians : Belgian Ecclesia Brussel – Leuven

  2. Pingback: Geïnspireerd Woord | Broeders in Christus

  3. Pingback: Schepper, opdrachtgever, verwezenlijker en Hoofdgids voorziener van het Boek der boeken de Bijbel – Some View on the World

Laat een Reactie achter - Leave a Reply

Deze site gebruikt Akismet om spam te bestrijden. Ontdek hoe de data van je reactie verwerkt wordt.