Jy moet jou naaste liefhê soos jouself

 

“4  “Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. 5 Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. 6 “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. 7 Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. 8 Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet ‘n merk op jou voorkop wees.” (Deuteronomium 6:4-8 AF83)

“8  As julle werklik die wet van die koninkryk van God onderhou soos dit in die Skrif staan: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself,” dan doen julle reg. 9 Maar as julle die mense na die uiterlike beoordeel, doen julle sonde en veroordeel die wet van God julle as oortreders. 10 As iemand die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, is hy skuldig ten opsigte van al die gebooie.” (Jakobus 2:8-10 AF83)

“”Jy mag nie onregverdig wees in die regspraak nie: jy mag nie partydig wees vir dié wat geen aansien het nie of die vooraanstaande bevoordeel nie. Oordeel regverdig oor jou naaste.” (Levitikus 19:15 AF83)

“Jy mag nie wraak neem of ‘n grief koester teenoor jou volksgenoot nie, jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.” (Levitikus 19:18 AF83)

“Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”” (Galate 5:14 AF83)

“Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.” (Galate 6:2 AF83)

“36 “Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?” 37 Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38 Dit is die grootste en die eerste gebod. 39 En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ 40 In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”” (Mattheüs 22:36-40 AF83)

“28 Een van die skrifgeleerdes het hulle hoor redeneer en het nader gestaan. Toe hy sien dat Jesus hulle ‘n goeie antwoord gegee het, vra hy vir Hom: “Wat is die heel grootste gebod?” 29 Jesus antwoord hom: “Die eerste is: ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. 30 Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’ 31 Die tweede is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is groter as dié twee nie.”” (Markus 12:28-31 AF83)

“38 (13:38-13:39) “Daarom, broers, moet julle goed weet dat wat aan julle verkondig word, die vergewing van sondes deur Hóm is, en dat elkeen wat glo, deur Hom vrygespreek word van alle sondes. Die wet van Moses kon julle nie vryspreek nie. 39” (Handelinge 13:38-39 AF83)

“Ons weet tog die wet is geestelik, maar ek is aards en soos ‘n slaaf aan die sonde verkoop.” (Romeine 7:14 AF83)

“Is dit nie dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses ‘n blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie?” (Jesaja 58:7 AF83)

“Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie:” (1 Korinthiërs 6:19 AF83)

“”Dit is my rusplek vir altyd; hier wil Ek woon, dit is my begeerte.” (Psalms 132:14 AF83)

*

About Christadelphians

Free Christadelphians or Brothers and sisters in Christ, living in Belgium, European Union. - Vrijë Christadelphians of Broeders en zusters in Christus wonende in België in de Europese Unie.
This entry was posted in Afrikaanse artikels, Bijbelcitaten, Christen zijn and tagged , . Bookmark the permalink.

One Response to Jy moet jou naaste liefhê soos jouself

  1. Pingback: Deel van God se Rykdom en Wysheid | Belgian Biblestudents - Belgische Bijbelstudenten

Laat een Reactie achter - Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s