Met die komende Vadersdag kan ons aan ons wêreldse sowel as hemelse Vader dink.
Ons is almal kinders van ’n wêreldse vader, maar soos Jesus kan ons ook ’n oog hê vir die hemelse Vader wat bereid is om gereed te wees vir elkeen wat na Hom wil kom.
As ons na Jesus en sy dissipels kyk, kan ons sien wat ’n verskil kan maak as ons nader aan God kom. In die laaste ure van sy lewe het Jesus sy dissipels gevra om saam met hom tot sy hemelse Vader, die God van Israel, te bid.
Bid sonder ophou. – 1 Tess. 5:17.
Jesus het gereeld gebid gedurende sy laaste dag op die aarde. Toe Jesus vir sy dissipels gewys het hoe om sy dood te herdenk, het hy vir die brood en wyn gebid (1 Kor. 11:23-25). Voordat hulle die plek verlaat het waar hulle die Pasga gehou het, het Jesus saam met sy dissipels gebid (Joh. 17:1-26). Toe hy en sy dissipels daardie aand by die Olyfberg aangekom het, het hy herhaaldelik gebid (Matt. 26:36-39, 42, 44). En die laaste woorde wat Jesus voor sy dood gesê het, was ’n gebed (Luk. 23:46).
Jesus het tot Jehovah gebid oor alles wat op daardie belangrike dag gebeur het. Een rede hoekom Jesus sy beproewing kon verduur, was omdat hy gereeld tot sy Vader gebid het om hom te help.
Maar die apostels het daardie aand aan die slaap geraak en het nie aanhou bid nie. Daarom het hulle moed verswak toe hulle beproef is (Matt. 26:40, 41, 43, 45, 56).
Wanneer ons beproewinge ervaar, sal ons getrou bly slegs as ons Jesus se voorbeeld navolg en ‘aanhou bid’. w19.04 9 ¶4-5
+
Vorige
Pingback: Een Vader die te vertrouwen valt | Broeders in Christus