Ewige woord dat alles vertel

Gevestigde Woord van die Almagtige God Jehovah

Die hele Skrif deur God ingegee nuttig tot lering

“Het ‘n volk die stem van sy god uit die vuur uit hoor praat, soos julle die stem van julle God gehoor het, en het hy bly lewe?” (Deuteronomium 4:33 AF83)

“Hy het julle sy stem uit die hemel laat hoor om julle te onderrig en Hy het julle sy groot vuur op die aarde laat sien en julle het sy woorde uit die vuur uit gehoor.” (Deuteronomium 4:36 AF83)

“Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraak en vir my gesê: Ek het nou my woorde in jou mond gelê.” (Jeremia 1:9 AF83)

“11  Daarna sê die Here vir hom: “Wie het aan die mens ‘n mond gegee? Wie maak stom of doof of siende of blind? Is dit nie Ek, die Here, nie? 12  Gaan nou, Ek sal jou help met die praat en jou leer wat jy moet sê.”” (Exodus 4:11-12 AF83)

“want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.” (2 Petrus 1:21 AF83)

“9  Dink aan wat vroeër gebeur het, lank gelede; Ek is God, daar is geen ander nie; Ek is God, daar is niemand soos Ek nie. 10  Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie. Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil, doen Ek.” (Jesaja 46:9-10 AF83)

“12  Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word. 13  Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle mislei ander en word self mislei. 14  Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was 15  en jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus. 16  Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, 17  sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” (2 Timotheüs 3:12-17 AF83)

“Ek sal ‘n profeet vir hulle na vore laat kom, een van hulle volksgenote. Hy sal soos jy wees. Ek sal my woorde in sy mond gee, en hy sal vir sy volksgenote alles sê wat Ek hom beveel.” (Deuteronomium 18:18 AF83)

“”Dit is hy wat, toe die volk daar in die woestyn bymekaar was, die skakel was tussen ons voorvaders en die engel wat met hom op Sinaiberg gepraat het. Hy het die lewende woorde ontvang om aan ons mee te deel.” (Handelinge 7:38 AF83)

“Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen.” (Johannes 14:10 AF83)

“Maar as Ek dit wel doen en julle tog nie in My glo nie, moet julle ten minste aan die werke glo, sodat julle kan insien en weet dat die Vader in My en Ek in die Vader is.”” (Johannes 10:38 AF83)

“So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê. Maar dit wou julle nie;” (Jesaja 30:15 AF83)

“12  Ek is die Here, Ek bring uitkoms vir julle. Hoe is dit dan dat jy bang is vir ‘n sterflike mens, vir ‘n mens wat so maklik vergaan soos gras? 13  Jy vergeet die Here wat jou gemaak het, wat die hemel oopgespan het, wat die aarde se fondamente gelê het. Jy was altyddeur bang vir die woede van die verdrukker, vir hom wat daarop uit was om jou te vernietig, maar waar is die woede van jou verdrukker nou?” (Jesaja 51:12-13 AF83)

“Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan.” (Mattheüs 10:28 AF83)

“7  gras verdor en blomme verwelk as die Here sy wind daaroor laat waai.” Dit ís so, die volk is soos gras. 8  Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig.” (Jesaja 40:7-8 AF83)

“So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.” (Jesaja 55:11 AF83)

“Wat My betref, sê die Here, dit is my verbond met die volk: my Gees wat op jou is en my woorde wat Ek in jou mond lê, sal nie uit jou mond en uit die mond van jou kinders en jou kindskinders verdwyn nie, sê die Here, nie nou nie en nooit nie.” (Jesaja 59:21 AF83)

“Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is.” (Mattheüs 5:18 AF83)

“Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.”” (Mattheüs 24:35 AF83)

“Tog is dit makliker vir die hemel en die aarde om te vergaan as dat een lettertjie van die wet verval.” (Lukas 16:17 AF83)

*

File:BiblenCh ubt.jpeg
+
++
Vind ook om te lees:
  1. Bijbel Woord afkomstig van God
  2. Heilige Schrift Woord van God
  3. Belangrijkheid van de Heilige Schrift
  4. Het belang van het lezen van de Schrift
  5. Nut van het lezen van de Bijbel
  6. De Bijbel als instructieboek
  7. De Bijbel als Gids
  8. De Bijbel onze Gids
  9. Schepper en Blogger God 1 Leegte en Beweging
  10. Absolute Basics voor het lezen van de Bijbel
  11. Voorschriften ons gegeven
  12. Bijbel op de eerste plaats #1/3
  13. Bijbel op de eerste plaats #2/3
  14. Bijbel op de eerste plaats #3/3
  15. Hermeneutiek om uit te dragen #1 Verslaggevers
  16. Kroniekschrijvers en profeten #1 Boeken van het Oude Testament
  17. Kroniekschrijvers en profeten #2 De Wet
  18. Mondelinge of schriftelijke overlevering en aantal auteurs
  19. Dagen en jaren die voorbij gaan maar het Woord blijft bestaan
  20. Vertrouwen, Geloof, Roepen en Toeschrijving aan Jehovah #3 Stem van God #4 Stem in het Schrift
  21. Vertrouwen, Geloof, Roepen en Toeschrijving aan Jehovah #3 Stem van God #5 Meditatie en transformatie
  22. Vertrouwen, Geloof, Roepen en Toeschrijving aan Jehovah #3 Stem van God #6 Woorden tot voedsel en communicatie
  23. Vertrouwen, Geloof, Roepen en Toeschrijving aan Jehovah #4 Vergankelijkheid #3 Behaging in Volhouding
  24. Het oog gericht houden

About Christadelphians

Free Christadelphians or Brothers and sisters in Christ, living in Belgium, European Union. - Vrijë Christadelphians of Broeders en zusters in Christus wonende in België in de Europese Unie.
This entry was posted in Afrikaanse artikels, Bijbelcitaten, Woord van God and tagged , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Ewige woord dat alles vertel

  1. Pingback: Vindt meerdere teksten van ons ook op andere websites | Broeders in Christus

  2. Pingback: Deel van God se Rykdom en Wysheid | Belgian Biblestudents - Belgische Bijbelstudenten

  3. Pingback: Dit is God se wil . . . dat alle soorte mense gered moet word | Belgian Biblestudents - Belgische Bijbelstudenten

  4. Pingback: Neergeskryf namens God om op te voed tot ‘n deugsame lewe | Belgian Biblestudents - Belgische Bijbelstudenten

  5. Pingback: Neergeschreven namens God om op te voeden tot een deugdzaam leven | Belgian Biblestudents - Belgische Bijbelstudenten

Laat een Reactie achter - Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s