Die Storie van begin tot die einde

N geskiedenis boek

Die Bybel is n geskiedenis boek. Die Bybel vertel over ‘n persoonlike wese genaamd God, woonagtig in die hemel, met ‘n werklikke, liggaamlike bestaan, na wie se beeld ons mens geskape is.

Die Heilige Skrif vertel die geskiedenis van Mens die slegs een vorm van bestaan – ‘n liggaamlike vorm heeft en die sterflik is, geneig om te sondig, en verdoem as gevolg van Adam se sonde.

File:A religious Baroque Bible - 7558.jpg

Een reliezue Barok Bybel – Foto: Jorge Royan

Verder vertel die Bybel die storie van begin tot die einde. Van Alfa tot Omega. Van Tyd tot in ewigheid. Van Lig tot in Duisternis. Van Goed tot en met kwaad. Die Bybel leer  breng ook die Christen hoop om God se natuur met Christus se wederkoms te ontvang.

Die Bybel is die Woord oor God deur die mens opgetekend, deur oorlewering aan die volgende geslagte oorgedra. Skrifgeleerdes (Skrywers) het eers later op die toneel gekom.

Die mense is nie volmaak nie, maar God is wel volmaak.

Die Bijbel bevat n profetiese lyn en al die profete het geprofeteer tot op Johannes die Doper en Christus Jesus. Wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees.

“2  as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle, 3  dat Hy aan my deur ‘n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het; 4  waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan, 5  wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik 6  dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie” (Efesiërs 3:2-6 AFR1953)

In die Woord word die mens bewus van sy sonde

God kwalifiseer heidene én Jode as sondaars wat nie ’n verskoning het nie (2:9; 3:9). Indien dit nie hul gewete is wat hulle veroordeel met die natuurlike kennis wat hulle kon gehad het van God as hul Skepper (2:12) nie, dan gee die Wet vir die  ode genoegsame
inligting om te sien dat hulle tekortskiet in die oë van die God van die Verbond (2:21–24).

In die Woord word die mens bewus van sy sonde en van God se waarheid. In hierdie situasie kan die mens self geen verandering bring nie. Hy kan homself nie regmaak nie. Pogings om vir sonde te vergoed deur goeie dade gaan nie werk nie, want die kwaad is reeds gedoen en kan nie ongedaan gemaak word nie. Die mens kan egter op ’n ander wyse herstel in ’n regte verhouding met God, deur die geloof in God se genade en verlossing wat
beskikbaar gemaak is deur Jesus Christus (3:21–26).

God wil in die eerste plek belangstel in gehoorsaamheid aan sy Woord.

God se Woord is vir almal. Kennis en begrip van God se woord sal die basis wees van die oordeel.

Dié wat gehoorsaam sonder dat hulle besny is, is beter as ongehoorsame Jode.

En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring, jou nie oordeel wat ondanks letter en besnydenis ‘n oortreder van die wet is nie?” (Romeine 2:27 AFR1953)

File:Mikra Kodesh.jpg

Mikra Kodesh in moderne Hebreeus vertaal Heilige Bybel. – Foto: Camocon

Die mens word gebring tot gehoorsaamheid aan God deur die Heilige Gees. Gode ​​Heilige Gees spreek uit die woorde van die Bybel of van die Heilige Skrif. God se Gees verwys na Sy krag, Sy asem en Sy denke, waardeur Hy alles vermag en waardeur Hy alomteenwoordig is. God se krag word nou aan ons geopenbaar deur Sy Woord. Die Heilige Gees dwing nie mense om teen hulle wil geestelik te wees nie. Die Bybel is volkome geïnspireer deur God se Gees. Die Bybel is die enigste outoriteit in ons verhouding met God.

Gehoorsaamheid aan God se betroubare spreke moet ’n sentrale plek inneem.

Die Apostoliese Christendom het Jesus Christus gesien as die hoogtepunt van God se openbaring, sy lewende Woord, die Bybel. Die Godsprake mag in beginsel ook woorde insluit wat God deur sy Messias Jesus gespreek het,aangesien sy sending immers tot die huis van Israel beperk was (vgl. Matt 10:6; 15:24). Onder al die volke is die Jode uitgesonder om in ’n besondere verhouding met die Skepper van die nasies te staan.

Godskennis berus nie op menslike teologiese kreatiwiteit nie, maar op openbaring uit die hemel. Alle Godsprake wat aan die Jode toevertrou is voor die openbaring van God se geregtigheid in Christus, van wie die λόγια τοῦ θεοῦ getuienis gee.

Groot, in alle opsigte: ten eerste tog seker dat aan hulle die woorde van God toevertrou is.” (Romeine 3:2 AFR1953)

Aan ons is die belangrikste Woorde van God geopenbaard & toevertrou.

Die Heilige Skrif gee ons die kans God te leer ken en deur Sy wysheid opgebou te word. Deur haar woorde kan ons werk aan die verhouding met die Allerhoogste. Die verhouding met die Allerhoogste, of die allerhoogste waardes, in hulle allerdiepste beleef en weer uitleef; hoe mense hulle mees basiese godsdienstige of filosofiese gewaarwordinge internaliseer en daaraan uitdrukking gee.

Die Bybel as kenbron

File:Professorenbijbel 2 (1).JPG

Professorenbybel – Dutsch Professorenbijbel (“Professors Bible”) -De Heilige Boeken van het Oude Verbond. Vulgaat en Nederlandsche Vertaling met Aanteekeningen – Petrus Laurentis Dessens (1851-1929)

Waar in ander Christelike hoofstrome die kerklike tradisie (bv. in die Rooms-Katolieke  Kerk), die rede (bv. in die Anglikaanse Kerk), die liturgie (bv. in die Oosters-Ortodokse Kerk), of die belewenis (bv. in Afrika-geïnisieerde kerke) groot klem kry, bely die Afrikaanse gelowigheid tipies Calvinisties ’n Bybelgesentreerdheid. Dit kom op allerlei maniere na vore: dat en hoedat die Bybel gebruik word in sosiale, politieke, etiese en ander debatte, die kerklike en sosiale nadruk op Bybelstudie vir voortgaande persoonlike en groepsgeloofsvorming, die verstaan van die prediking as Bybeluitleg en -toepassing, en ondersteunend aan faktore soos dié, die voortdurende besinning oor Skrifgesag. Natuurlik lê al die ander impulse vir die tipe Christenwees onder Afrikaanses nie net dormant daar nie: tradisie, rede, liturgie en belewenis speel onontkenbaar, naas nog ander impulse ook, elk ’n sterk vormende rol. Wat egter erken word, en dus herkenbaar ’n identiteitsmerker van die Afrikaanse tipe gelowigheid is, is hierdie Bybelgesentreerdheid.

Die menigte probleme van die Christendom van vandag is hoofsaaklik as gevolg van die feit dat hierdie Bijbelse beginsel nie waardeer word nie. As gevolg van ons fundamentele sondige menslike natuur (Jeremia 17:9), vind ons die heilige waarheid van God se Woord (Johannes 17:17) moeilik om te sluk, en gevolglik gee baie dan in tot die versoeking om aanspraak te maak op ander vorme van openbaringe, wat meer aantreklik vir die denke van die vlees (mens) is.

In die Rooms Katolieke Kerk is geen nodigheid vir persoonlike Bybelstudie of die lees daarvan nie. In die verlede het die Katolieke kerk dit ontmoedig en selfs verbied. Die mens word vertrou, eerder as om die belangrike kwessies rakende die ewige lewe self te verifieer.

Vir Broeders in Christus is die God se Woord baie belangrik. Dit kom op die eerste keer plaas. De Christadelphians is daar bewus van dat hulle ernstig de Bybel moet bestudeer en die woord ter harte neem. Daar is persoonlike moeite nodig om die korrekte interpretasie van die Bybel te ondersoek. Ons glo nie dat organisasies die antwoorde sal levern nie, maar dat God alles self duidelik maak in sy Woord.

Er is die noodsaaklikheid van ‘n fundamentele aanvaarding van die Bybel as God se Woord, en om dan die inhoud daarvan te ondersoek ten einde die ware boodskap te glo. Die vraag “Een Bybel – ‘n menigte kerke – hoekom?” word grootliks beantwoord wanneer dit besef word dat elke kerk tot ‘n sekere mate ‘n ander vorm van openbaring van God se gees (met ander woorde Sy wil, leerstellings, denke) bykomstig tot die Bybel aanvaar het.

Vir ‘n opregte reaksie op die Evangelie, moet daar ‘n sensitiewe denke met betrekking tot God se woord wees; ‘n opregte begeerte om die Bybel op ‘n persoonlike vlak te ondersoek. Diegene wat hardkoppig volhou in die weë van die vlees sal nooit in staat wees om die ware boodskap van die Evangelie te begryp nie.

5“Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is,” (Romeine 6:17 AFR1953)

“1Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. 2 Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, 3 sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, 4 verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; 5 mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af. 6 Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word, 7 wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.” (2 Timoteus 3:1-7 AFR1953)

As ‘n mens geen liefde vir geregtigheid het nie, geen ware begeerte om sy lewe onder God se beheer te plaas nie, sal hy nooit in staat wees om “tot die kennis van die waarheid te kom nie”. Ten spyte van al ons Bybellees sal ons Bybelstudie net ‘n akademiese oefening bly.

Daar is verskeie voorbeelde van persone wat die Skrif lees maar dit eintlik nie lees nie. Ons almal loop gevaar om in hierdie strik te trap. Die Jode ten tye van Christus se bediening het ‘n groot ywer vir God se woord gehad. Hulle het die Ou Testament as geïnspireerd vertrou (Johannes 5:45; Handelinge 6:11). Hulle het geweet dat hulle ‘n hoop op die ewige lewe kon hê deur die Skrif te bestudeer (Johannes 5:39), en hulle het elke week die Skrif in die openbaar gelees (Handelinge 15:21).

Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig—Moses op wie julle gehoop het.” (Johannes 5:45 AFR1953)

“Toe het hulle manne opgestook om te sê: Ons het hom lasterlike dinge hoor praat teen Moses en God.” (Handelinge 6:11 AFR1953)

“Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.” (Johannes 5:39 AFR1953)

“Want van die ou tyd af het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig, terwyl hy elke sabbat in die sinagoges gelees word.” (Handelinge 15:21 AFR1953)

Verder het sommige van hulle die Skrifture met ywer bestudeer gedurende die week. Hulle het egter totaal gefaal om die werklike beduidenis van hierdie skrifte te begryp, veral in terme van hoe dit vooruit gewys het na Christus. Jesus het hulle duidelik aangespreek: “Ondersoek die Skrifte . . . as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe. En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?” (Johannes 5:39, 46, 47 ; Lukas 16:29-31).

Ons kan ons die Jode se onstokenheid voorstel: “Maar ons lees wel die Bybel! Ons glo dit!” Hul ‘oogklap’ houding het egter tot gevolg gehad dat hulle gelees het maar nie verstaan het nie. Hulle het gekyk maar nie gesien nie. Daar is werklik niemand so blind as die wat nie wil sien nie. Ons moet in alle stadiums van ons geestelike groei waak teen so ‘n gesindheid.

As U begerig is om die een ware kerk, die een ware geloof en die een ware doop (Efesiërs 4:4-6) te vind, moet die oproep helder en duidelik tot U kom – “Terug Bybel Toe!”

Met erkentelijkheid aan ‘Bible Basics’

+

Vervolg: Ewige woord dat alles vertel

About Christadelphians

Free Christadelphians or Brothers and sisters in Christ, living in Belgium, European Union. - Vrijë Christadelphians of Broeders en zusters in Christus wonende in België in de Europese Unie.
This entry was posted in Afrikaanse artikels, Bible or Holy Scriptures, Bijbel of Heilige Schrift, Woord van God and tagged , , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Die Storie van begin tot die einde

  1. Pingback: Ewige woord dat alles vertel | Broeders in Christus

  2. Pingback: Geïnspireerd Woord | Broeders in Christus

  3. Pingback: Deel van God se Rykdom en Wysheid | Belgian Biblestudents - Belgische Bijbelstudenten

  4. Pingback: Dit is God se wil . . . dat alle soorte mense gered moet word | Belgian Biblestudents - Belgische Bijbelstudenten

Laat een Reactie achter - Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s